• Welkom
  • Meer Oor Ons
  • Fasiliteite
  • Kontakbesonderhede

Meer Oor Ons

Die Kinderdorpie Kleuterskool is ‘n klein ‘dorpie’ waar elke maatjie homself/haarself kan wees. Kleuters vanaf 18 maande tot 5 jaar is welkom. Die voertaal en onderrigmedium is tweetalig (Afrikaans en Engels). Ons streef daarna om na elke kleuter se behoeftes om te sien en te voorsien sover binne ons vermoë.

Halfdag en Voldag

Die Kinderdorpie Kleuterskool het Voldag en Halfdag opsies.

Skool Ure

  • Die Kinderdorpie Kleuterskool is oop vanaf 06:30 tot 17:15 Maandag tot Vrydag.
  • Ons is oop tydens skoolvakansies en sluit net tydens Desember vakansie.

Etes

Die Kinderdorpie Kleuterskool bedien gebalanseerde maaltye daagliks.

  • Ontbyt
  • Middagete
  • Verversings na slaaptyd (vrugte en broodjies)
  • Nagereg elke Dinsdag en Donderdag

‘n Gesonde kosblikkie word daagliks voorsien deur elke kleuter se ouer.

Klein Klassies

Ons het klein klassies waar elke kleuter die nodige individuele aandag ontvang. Al ons klassies loop uit op ‘n grasperk sodat kinders nie net in die klasse leer nie maar ook buite.

CCTV – Kameras

Die skool het kameras in die klasse asook buite op die speelterrein om te verseker kleuters is veilig teen alle tye.

Aktiwiteite en Spesiale Dae

Aktiwiteite
Op ’n daaglikse basis konsentreer ons op die noodsaaklike mylpale wat ons kleuters moet bereik. Ons doen weekliks bak en brou volgens die tema van die week en ons wissel ook die bak en brou af met soet en sout. Sensoriese spel word weekliks aangebied volgens die tema van die week.

Spesiale Dae
By Die Kinderdorpie Kleuterskool vier ons graag spesiale dae soos Mammadag, Pappadag en Oupa-en Oumadag waar ons almal spesiaal laat voel. Ons vier ook Liefiedag, Paasfees, Hemelvaartsdag en ander genotvolle dae.

Buitemuurse Aktiwiteite

Die Kinderdorpie Kleuterskool bied verskeie buitemuurse aktiwiteite aan. Die aktiwiteite neem plaas geduurende buitespel om te verseker dat oggend onderrig nie versteur word nie. Buitemuurse aktiwiteite se inskrywings en betalings word direk met die aanbieder gereël en is dus ‘n addisionele koste.

Scroll to top